Tuesday, January 22, 2008

Philip en Isobel




Op Saterdag, 19 Januarie 2008 is ons niggie Isobel Riekert op Lydenburg met Philip Kemp getroud. Charl-Pierre en Elisna was hofknapie en blommemeisie gewees.




DESEMBER VAKANSIE (3)






Vir Kersfees is ons Bokveldskloof toe. Soos julle kan sien het Kersvader geskenke gebring vir soet kinders (Michael en Nicky lyk heel in hul skik!). Kersdag het ons saam met die Du Toit's van Ouplaas gekuier en dit was heerlik om weer vir Pieter en Melanie (al die pad van New York af) weer te sien.

DESEMBER VAKANSIE (2)

Die 17de Desember is ons Kelders toe en het heerlik saam met die du Toit's gekuier. Charl-Pierre het sy eerste klipvis gevang en was in ekstase. Ons kon ook heerlik die walvisse in Walkerbaai dophou. Op 18 Desember is ons Klein-Brakrivier toe en het lekker saam met die de Wet's en die Karsten's gekuier.

DESEMBER VAKANSIE




Nadat die skole op 30 November gesluit het, is Carin en die kinders plaas toe. Vanaf 14 Desember houons darem almal saam vakansie. Ons is op 15 Desember Langebaan toe waar ons saam met die Badenhorste kuier.