Monday, May 19, 2008

Weskus







1-4 Mei 2008 - Die tweede langnaweek gaan ontdek ons die Weskus. Ons stop op plekkies soos Velddrif, Laaiplek en Port Owen.

Ons gaan tuis in Dwarskersbos. Verder besoek ons ook St Helenabaai, Brittaniabaai, Paternoster en Saldanhabaai. Ons eet heerlik seekos by die Baxters.

Piekenierskloof




25-27 April 2008 - Die eerste van die twee langnaweke gaan ons saam met Danie en Alta Neumann Piekenierskloof toe. Saterdagoggend woon ons die Cederbergfees op Clanwilliam by en die middag gaan ons Kreeffees toe op Lambertsbaai. 'n Heerlike naweek van kuier, rus en swem.

Onrusrivier






14-16 Maart 2008. Ons kuier heerlik saam met Riaan en die Carstense by Riaan se ouers se strandhuis op Onrusrivier. 'n Heerlike naweek om weer ou vriendskapsbande te verstewig.